{"id":1578,"date":"2019-06-27T08:57:47","date_gmt":"2019-06-27T08:57:47","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/?p=1578"},"modified":"2019-06-28T18:08:29","modified_gmt":"2019-06-28T18:08:29","slug":"wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/","title":{"rendered":"Wanneer moet ek vir my kind begin lees?"},"content":{"rendered":"<p><strong>Lees is &#8216;n belangrike vaardigheid om oor te beskik en kinders leer reeds van jong ouderdomme af om te lees. Stories gaan dikwels saam met lees en &#8216;n liefde vir lees word juis deur die vertel van stories gekweek. <a href=\"https:\/\/reviewonline.co.za\/307498\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/\">Review<\/a> het met <a href=\"https:\/\/christienneser.com\/\">Christien Neser<\/a> van LAPA Uitgewers gesels oor die belangrikheid van lees vir kinders.<\/strong><\/p>\n<p>\u201cProf Maryanne Wolf van Tufts University het ges\u00ea die leerproses begin op die skoot van die ouer, wanneer daar vir die klein kindjie &#8216;n storie gelees word. Hoeveel keer dit in die eerste vyf jaar van lewe gebeur, of ni\u00e9 gebeur nie, het een van die betroubaarste voorspellers van die kind se toekomstige lees sukses geword,\u201d s\u00ea Neser.<\/p>\n<p>\u201cVolgens \u2018n studie wat deur Ohio State University gedoen is, werk die brein met patrone en met herhaling. Kinders se woordeskat word net opgehou as hulle woorde oor en oor hoor. Dit gebeur as ouers vir hul kinders op gereelde basis voorlees. Daar word gepraat van die \u2018million word gap\u2019 waarmee kinders skool toe gaan as hul ouers nie vir hulle voorgelees het nie.\u201d<\/p>\n<p>Neser vertel Statistiek Suid-Afrika het onlangs bekend gemaak dat slegs 30% van kinders gereeld saam met &#8216;n ouer boek lees.<\/p>\n<p>\u201cDit verklaar dalk ook hoekom Suid-Afrika in die 2016 Progress in Reading and Literacy Study (Prils)-toetse heel laaste gekom het. Die toetse het getoon dat 80% van ons gr. 4 leerders nie met begrip kon lees nie. Ouers kan nie verwag dat hulle kinders self &#8216;n boek gaan optel as hulle nie self ook lees nie. Gesamentlike leestyd tuis, soos &#8216;n slaaptydstorie, noem die Britte \u2018the home literacy event\u2019. Dit het in onlangse studies geblyk dat kinders uit gesinne wat \u2018n gereelde tuislees-tyd het, dus gereeld saamlees, die toppresteerders op skool is. Dit sluit immigrant-gesinne in. Statistiek Suid-Afrika se bevinding bevestig dus die Britse Studie: kinders uit gesinne waar daar nooit gelees word nie, bereik nie hulle leespotensiaal op skool nie.<\/p>\n<h4><strong>Die volgende vraag wat gevra word is: waarom is slaaptydstories belangrik?<\/strong><\/h4>\n<p>\u201c&#8217;n Slaaptydstorie is &#8216;n goeie en gesonde gewoonte, wat in baie huise as roetine gesien word, maar daar is &#8216;n paar addisionele voordele rondom hierdie laaste halfuur van jou kind se dag wat jou dalk mag verbaas.\u201d<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em>Kommunikasie:<\/em><\/strong> &#8216;n Slaaptydstorie skep &#8216;n gesonde omgewing vir kommunikasie rondom die boek en die storie, maar ook algemene kommunikasie tussen ouers en kinders. Betrek die kind soveel as moontlik by die storie en skep ook gesprekke in die leessituasie en rondom die tema van die boek.<\/li>\n<li><strong><em>Kwaliteittyd:<\/em><\/strong> &#8216;n Slaaptydstorie is spesiale tyd tussen ouers en kinders vir oulaas voordat die dag eindig.<\/li>\n<li><strong><em>Roetine:<\/em> <\/strong>Die ou, geykte uitdrukking dat kinders met roetine floreer is weereens van toepassing. &#8216;n Voorspelbare roetine en volgorde van gebeure voor slaaptyd skep ook &#8216;n geleentheid om rustig te raak voordat die kind nog in die bed klim. Kinders wat met \u2018n slaaptydstorie bed toe gaan, slaap rustiger en gaan gouer in REM-slaap (droomslaap\/rapid eye movement sleep). Hierdie slaapperiode is broodnodig vir die brein om data te verwerk. Dit is geen wonder dat slaap \u2018n kind slim maak nie.<\/li>\n<li><strong><em>Versterk verhoudings:<\/em><\/strong> Hierdie spesiale leestyd versterk verhoudings tussen ouers en kinders.<\/li>\n<li><strong><em>Ontspanning:<\/em> <\/strong>Navorsing bewys dat dit kinders help ontspan voor slaaptyd \u2013 iets wat televisie, &#8216;n tablet of selfoon glad nie doen nie. Geen skerms behoort voor slaaptyd gebruik te word nie.<\/li>\n<li><strong><em>Luistervaardighede:<\/em> <\/strong>Luister is &#8216;n vaardigheid wat geoefen moet word. Kinders wat tuis na stories leer luister, luister ook in die klas. Suid-Afrikaanse onderwysers kla dat kinders nie meer kan luister nie.<\/li>\n<li><strong><em>Kreatiewe denke en probleemoplossing:<\/em><\/strong> \u201cDeur middel van &#8216;n storie word kreatiewe denke en probleemoplossing aangewakker as die kind hom- of haarself in die karakter se skoene plaas.\u201d<\/li>\n<li><strong><em>Norme en waardes:<\/em><\/strong> Mens gesels met jou kind oor die reg en verkeerd van \u2018n storie se karakters, soos byvoorbeeld Gouelokkies.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cDie keuse van boeke om voor te lees vir &#8216;n kind bepaal die hoeveelheid genot wat &#8216;n kind uit hierdie aktiwiteit put, dit is &#8216;n enorme verantwoordelikheid. Maar wat as ouers hierdie verantwoordelikheid oordra aan die kind? Laat jou kind self die boekie kies uit &#8216;n paar toepaslike opsies. Laat jou kind toe om te kies, dit moet vir hulle genotvol wees. Boeke moet van toepassing op die kind se ouderdom wees met betrekking tot prentjies, kompleksiteit van storielyn en die lengte van die storie. Onthou jy hoef nie noodwendig die woorde op die bladsy te lees op &#8216;n vroe\u00eb ouderdom nie, maar vertel die storie vir jou kind. Geniet dit. Kies boeke wat vir jou as ouer ook genotvol is en die tyd saam spesiaal maak. Dramatiseer na hartelus.\u201d<\/p>\n<p><strong>Carina Petzer, spraakterapeut en oudioloog vertel dat die antwoord op die vraag: Wanneer begin ek vir my kind lees?, \u201cnou\u201d is.<\/strong><\/p>\n<p>\u201c&#8217;n Ouer kan nooit te vroeg vir &#8216;n kind begin voorlees nie, en die voordele van &#8216;n vroe\u00eb begin is dieselfde as enige ander goeie gewoonte in die lewe; die voordele begin onmiddellik en hou lewenslank.\u201d<\/p>\n<h4><strong>In hierdie tabel word die eenvoudige ontwikkeling van voorlees en keuse van boekies vir kinders saamgevat:<\/strong><\/h4>\n<table style=\"height: 1232px;\" width=\"892\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"161\">\n<h4><strong>Ouderdom<\/strong><\/h4>\n<\/td>\n<td width=\"150\">\n<h4><strong>Tipe boeke<\/strong><\/h4>\n<\/td>\n<td width=\"155\">\n<h4><strong>Ouer se voorlees<\/strong><\/h4>\n<\/td>\n<td width=\"136\">\n<h4><strong>Kind se reaksie<\/strong><\/h4>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"161\"><strong><em>0-6 maande<\/em><\/strong><\/td>\n<td width=\"150\">Harde kartonboeke<\/p>\n<p>Eenvoudige prentjies met ho\u00eb kontras,<\/td>\n<td width=\"155\">Benoem voorwerpe,<\/p>\n<p>Eenvoudige vertellings,<\/p>\n<p>Kort sinne,<\/td>\n<td width=\"136\">Kyk na prente<\/p>\n<p>Vat aan boek<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"161\"><strong><em>7-12 maande<\/em><\/strong><\/td>\n<td width=\"150\">Steeds harde karton<\/p>\n<p>Een prentjie per bladsy<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<td width=\"155\">Benoem prentjies<\/p>\n<p>Eenvoudige sinne<\/p>\n<p>Soms kort storielyn<\/td>\n<td width=\"136\">Probeer boek vashou<\/p>\n<p>Kan soms harde karton blaai<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"161\"><strong><em>12 \u2013 18 maande<\/em><\/strong><\/td>\n<td width=\"150\">Papier bladsye<\/p>\n<p>Eenvoudige storielyn<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<td width=\"155\">Vertel storie<\/p>\n<p>Vra vrae oor prente<\/p>\n<p>Brei uit op hulle enkelwoord-uitinge (Bv. Baba: \u201cHond\u201d Ouer: \u201cJa, dis &#8216;n groot bruin hond. Woef (maak geluid).\u201d<\/td>\n<td width=\"136\">Kan enkele voorwerpe benoem of uitwys<\/p>\n<p>Boots geluide na<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"161\"><strong><em>18 \u2013 24 maande<\/em><\/strong><\/td>\n<td width=\"150\">Papierbladsye<\/p>\n<p>Eenvoudige storielyn<\/p>\n<p>Kan meer detail byvoeg<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<td width=\"155\">Vertel storie<\/p>\n<p>Gesels oor storie\/boek<\/p>\n<p>Bring werklike lewe in verband met boek (Bv. Die trekker lyk net soos die een in jou boek)<\/td>\n<td width=\"136\">Kies self gunsteling boek<\/p>\n<p>Kan bv geluide in bekende storie invul<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"161\"><strong><em>2-3 jaar<\/em><\/strong><\/td>\n<td width=\"150\">Effe meer komplekse storie<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<td width=\"155\">Bring steeds boek en werklike lewe in verband met mekaar, vergelyk en kontrasteer boek en regte lewe<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<td width=\"136\">Kan laaste woorde van rympie in boek voltooi<\/p>\n<p>Self bladsye een op &#8216;n slag blaai<\/p>\n<p>Lees vir maats of speelgoed voor<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"161\"><strong><em>3-4 jaar<\/em><\/strong><\/td>\n<td width=\"150\">Meer komplekse stories,<\/p>\n<p>Oorsaak en gevolg,<\/p>\n<p>Stories oor werklike gebeurtenisse bv. doktersbesoek, skool toe gaan ens.<\/td>\n<td width=\"155\">Gebruik al hoe meer beskrywende taal,<\/p>\n<p>Verduidelik moeiliker konsepte in eenvoudige taal<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<td width=\"136\">Kan eenvoudige storie weergee na afloop van vertelling\/lees<\/p>\n<p>Begin letters in druk herken (eie naam se aanvangsklank dikwels eerste)<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"161\"><strong><em>5-6 jaar<\/em><\/strong><\/td>\n<td width=\"150\">Meer komplekse en langer stories,<\/p>\n<p>Kan storielyn goed volg en vir langer tyd stilsit en luister<\/td>\n<td width=\"155\">Verduidelik steeds moeiliker konsepte,<\/p>\n<p>Vra vrae om begrip te toets en verwys terug na lesse uit sories in alledaagse aktiwiteite<\/td>\n<td width=\"136\">Kan storie in\u00a0 meer detail weergee<\/p>\n<p>Herken al hoe meer letters, en raak bewus dat die letter &#8216;n klank voorstel<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"161\"><strong><em>Gr R en skoolgaande<\/em><\/strong><\/td>\n<td width=\"150\"><\/td>\n<td width=\"155\">Net omdat die kind self kan lees, beteken nie dat die ouer moet ophou om voor te lees nie!!! Hou steeds aan om vir u kind voor te lees en saam te lees.<\/td>\n<td width=\"136\">Kan begin om woorde te klank en self te lees<\/p>\n<p>&nbsp;<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>Hierdie plasing is uittreksels uit &#8216;n artikel saamgestel deur Maretha Swanepoel wat oorspronklik <a href=\"https:\/\/reviewonline.co.za\/307498\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/\">hier<\/a> verskyn het.\u00a0<\/em><\/p>\n<h4><a href=\"http:\/\/lapa.co.za\">LAPA Uitgewers<\/a> publiseer die grootste verkseidenheid kinder- en jeugboeke in Afrikaans:<\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/lapa.co.za\/kinder-en-tienerboeke\/boeke-vir-babas-en-peuters-0\">Koop boeke vir babas en peuters (0+) hier.<\/a><\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/lapa.co.za\/kinder-en-tienerboeke\/kleuterboeke-3\">Koop boeke vir kleuters (3+) hier.<\/a><\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/lapa.co.za\/kinder-en-tienerboeke\/kinderboeke-5\">Koop kinderboeke (5+) hier.<\/a><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-1579 aligncenter\" src=\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg\" alt=\"\" width=\"960\" height=\"720\" srcset=\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg 960w, https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 960px) 100vw, 960px\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\">#ekleeslapa<\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Lees is &#8216;n belangrike vaardigheid om oor te beskik en kinders leer reeds van jong ouderdomme af om te lees. Stories gaan dikwels saam met lees en &#8216;n liefde vir lees word juis deur die vertel van stories gekweek. Review het met Christien Neser van LAPA Uitgewers gesels oor die belangrikheid van lees vir kinders. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":1579,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_locale":"af","_original_post":"1578","footnotes":""},"categories":[5,14,30],"tags":[105,108,106,107],"class_list":["post-1578","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-graad-r","category-hulpmiddels-vir-ouers","category-voorskool","tag-babas","tag-leesontwikkeling","tag-prenteboeke","tag-voorskool","af"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v22.9 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Wanneer moet ek vir my kind begin lees? - Klaskameraad<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"noindex, follow\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wanneer moet ek vir my kind begin lees? - Klaskameraad\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Lees is &#8216;n belangrike vaardigheid om oor te beskik en kinders leer reeds van jong ouderdomme af om te lees. Stories gaan dikwels saam met lees en &#8216;n liefde vir lees word juis deur die vertel van stories gekweek. Review het met Christien Neser van LAPA Uitgewers gesels oor die belangrikheid van lees vir kinders. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Klaskameraad\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-06-27T08:57:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-06-28T18:08:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"960\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"720\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Klaskameraad\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Klaskameraad\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/\",\"url\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/\",\"name\":\"Wanneer moet ek vir my kind begin lees? - Klaskameraad\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg\",\"datePublished\":\"2019-06-27T08:57:47+00:00\",\"dateModified\":\"2019-06-28T18:08:29+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/#\/schema\/person\/b3a512ce6dd68114a39a985532d28c6b\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg\",\"width\":960,\"height\":720},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wanneer moet ek vir my kind begin lees?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/#website\",\"url\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/\",\"name\":\"Klaskameraad\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":\"required name=search_term_string\"}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/#\/schema\/person\/b3a512ce6dd68114a39a985532d28c6b\",\"name\":\"Klaskameraad\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wanneer moet ek vir my kind begin lees? - Klaskameraad","robots":{"index":"noindex","follow":"follow"},"og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wanneer moet ek vir my kind begin lees? - Klaskameraad","og_description":"Lees is &#8216;n belangrike vaardigheid om oor te beskik en kinders leer reeds van jong ouderdomme af om te lees. Stories gaan dikwels saam met lees en &#8216;n liefde vir lees word juis deur die vertel van stories gekweek. Review het met Christien Neser van LAPA Uitgewers gesels oor die belangrikheid van lees vir kinders. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/","og_site_name":"Klaskameraad","article_published_time":"2019-06-27T08:57:47+00:00","article_modified_time":"2019-06-28T18:08:29+00:00","og_image":[{"width":960,"height":720,"url":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Klaskameraad","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Klaskameraad","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/","url":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/","name":"Wanneer moet ek vir my kind begin lees? - Klaskameraad","isPartOf":{"@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg","datePublished":"2019-06-27T08:57:47+00:00","dateModified":"2019-06-28T18:08:29+00:00","author":{"@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/#\/schema\/person\/b3a512ce6dd68114a39a985532d28c6b"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#primaryimage","url":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg","contentUrl":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/prenteboeke-collage.jpg","width":960,"height":720},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/af\/wanneer-begin-ek-vir-my-kind-lees\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wanneer moet ek vir my kind begin lees?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/#website","url":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/","name":"Klaskameraad","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":"required name=search_term_string"}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/#\/schema\/person\/b3a512ce6dd68114a39a985532d28c6b","name":"Klaskameraad"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1578","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1578"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1578\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1587,"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1578\/revisions\/1587"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1579"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1578"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1578"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.klaskameraad.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1578"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}