Afrikaans Plus – Bywoorde – Adverbs

Oefening 1
Skryf die onderstaande sin oor en brei elkeen uit deur ’n bywoord by te voeg.
- Die babatjie leer om te loop.
- Ons sal môre moet opstaan as ons die bus wil haal.
- Die haan kraai in oggend.
- Die fietsryer het my raakgery.
- Jy moet my kom help.
- Jy gaan hier slaap.
- Ek het die antwoord geweet.
- Ek is lus vir ‘n roomys.
- Om die bekommerd te wees is, is nie die moeite werd nie.
- Sy het na hom gesoek.
Oefening 2
Gee een woord vir die volgende bywoordelike frases.
- Ons moet (baie keer) my oupa met sy tuinwerk help.
- Wanneer ons (by die huis) is, baklei ek en my sussie oor wie met die hond moet gaan stap.
- (In die oggend) is dit my werk om my budjie se hok skoon te maak.
- Tydens die Desember-vakansiem, is die verkeer (elke jaar) baie druk.
- My pa moet baie vir sy werk reis en hy ken (op elke plek)
- Daar is ’n uil ons tuin wat gereeld (in die nag) sy hoe-hoe-geluid roep.
- My pa help altyd my ma in die kombuis wanneer hy (in die aand) huistoe kom.
- Ek is (op hierdie dag) 18 jaar oud!
- ’n Mens moet (elke dag) sorg dat jy al jou vitamiene inkry.
- Ons bly (’n kort entjie) die skool.
Antwoorde: Oefening 1
- Die babatjie leer vinnig om te loop. (gou-gou, stadig, vroeg)
- Ons sal môre vroeg moet opstaan as ons ’n saamrygeleenheid wil hê. (vinnig, betyds)
- Die haan kraai gereeld in oggend. (hard, vroeg)
- Die fietsryer het my amper raakgery. (gister)
- Jy moet my gou-gou kom help. (dadelik, oormôre)
- Jy gaan vanaand hier slaap. (die naweek, heeltyd, lekker)
- Ek het dadelik die antwoord geweet. (skielik,netnou)
- Ek is vreeslik lus vir ‘n roomys. (baie, altyd, vakansies)
- Om die heeltyd bekommerd te wees is, is nie die moeite werd nie. (gereeld, snags)
- Sy het oral na hom gesoek. (buite, iewers)
Antwoorde: Oefening 2
- gereeld .
- tuis
- Soggens
- jaarliks
- oral
- snags
- saans
- vandag
- daagliks
- naby