Afrikaans Plus – Mense, lande en tale – People, countries and languages

Afrikaans Plus – Mense, lande en tale – People, countries and languages

Oefening 1

Voltooi:

  1. Iemand wat van Kaapstad kom, noem ons ‘n __________.
  2. Iemand wat van Durban kom, noem ons ‘n __________.
  3. Iemand wat van Europa kom, noem ons ‘n __________.
  4. Iemand wat van Namibië kom, noem ons ‘n __________.
  5. Iemand wat van Kanada kom, noem ons ‘n __________.
  6. Iemand wat van Zimbabwe kom, noem ons ‘n __________.
  7. Mense wat van Amerika kom, noem ons ___________.
  8. Mense wat van Duitsland kom, noem ons ___________.
  9. Mense wat van België kom, noem ons ___________.
  10. Mense wat van Indië kom, noem ons ___________.
  11. Mense wat van Gauteng kom, noem ons ___________.
  12. Mense wat van Italië kom, noem ons ___________.

Antwoorde

Oefening 1

  1. Kapenaar
  2. Durbaniet
  3. Europeër
  4. Namibiër
  5. Kanadees
  6. Zimbabwiër
  7. Amerikaners
  8. Duitsers
  9. Belge
  10. Indiërs
  11. Gautengers
  12. Italianers

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.