Afrikaans Plus – Sinonieme – Synonyms

Oefening 1
Gee ‘n sinoniem vir die vetgedrukte woord in elke sin.
- As jy griep het, moet ‘n geneesheer vir jou antibiotika voorskryf.
- Niemand kan jou dwing om te swem in dié koue nie.
- Die ondersteuners maak ‘n groot lawaai langs die rugbyveld.
- Jy kan goeie gehalte vleis by die slaghuis koop.
- Niemand is volmaak nie, almal maak foute.
- Die boek is gewild onder tienermeisies.
- Dankie vir die pragtige geskenk!
- Ek hou daarvan om rympies te skryf.
- Dit maak my ma woedend as ek nie soggens my bed opmaak nie.
- Het jy al die nuwe rolprent oor dinosourusse gesien?
Antwoorde
Oefening 1
- dokter
- forseer
- geraas
- kwaliteit
- perfek
- populêr
- present
- gediggies
- kwaad
- film/fliek