Afrikaans Plus – Tye – Tenses

Afrikaans Plus – Tye – Tenses

Oefening 1

Skryf die volgende sinne oor in die verlede tyd.

  1. Ek is mal daaroor om tennis te speel.
  2. Ek kan nie op die MS Queen Elizabeth regte tennis speel nie.
  3. Daar moet jy op ’n kleiner baan met spane speel.
  4. Hoe vergelyk die MS Queen met ander passasiersbote?
  5. Dié passasiersboot huisves 2081 passasiers en 1005 bemanningslede.
  6. Dit maak van hom die grootste passasiersboot ter wêreld.
  7. Die boot is die regte plek om te trou én jou wittebrood te hou.
  8. Passasiers dans en swem heeldag op een van die 16 dekke.
  9. Hulle bied elke aand verskillende vertonings aan.
  10. ’n Mens kan nie kies tussen al die dansaktiwiteite nie, want daar is net te veel!
  11. ’n Mens behoort fiks te word met alles wat daar te doen is.
  12. Jy hoef egter niks te dans nie – jy kan net langs die swembad lê!
  13. Jy kan mengeldrankies drink wanneer jy langs die swembad lê.
  14. Ná my matriekeksamen, verdien ek beslis só ’n vakansie!

Oefening 2

Skryf die volgende sinne oor in die toekomende tyd.

  1. Hy hou nie van die see nie.
  2. Hy hou baie meer daarvan om berg te klim.
  3. In die berge sien ’n mens die pragtige natuurskoon.
  4. Jy moet nogal fiks wees as jy ’n 5-dag staproete wil doen.
  5. Met my selfoon neem ek al die speldekussings en suikerbekkies af.
  6. Maak jou waterbottel by elke stroompie water weer vol.
  7. Niemand kan ’n sonsondergang in Namakwaland se berge weerstaan nie.
  8. Stappers moet altyd bedag wees op slange en skerpioene.
  9. Jy hoef nie die slange of skerpioene op te tel nie.
  10. Jy moet hulle net los en óm hulle stap.

Oefening 3

Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui.

  1. Dit is ’n absolute voorreg om vakansie te kan hou. Dit was …
  2. ’n Mens het dit egter baie nodig, veral ná ’n jaar se harde werk. ’n Mens sal …
  3. Sommige mense verkies ’n vakansie by die huis. Sommige mense het …
  4. Ander wil graag gaan visvang en nie naby ’n winkel kom nie. Ander wou …
  5. My broer was mal daaroor om die hele vakansie net te lê en fliek te kyk. My broer is …
  6. Laasjaar het my suster met haar rugsak deur Thailand getoer. Hierdie jaar …
  7. My droomvakansie hoef nie baie te kos nie. My droomvakansie sal …
  8. Ek pak net my tas in en sorg dat my paspoort gereed is. Ek het …
  9. Afrika-safari’s is een van die gewildste avonture om aan te pak. Afrika-safari’s sal …
  10. Jou paspoort moet geldig wees. Jou paspoort moes …

Antwoorde

Oefening 1

  1. Ek was mal daaroor om tennis te speel.
  2. Ek kon nie op die MS Queen Elizabeth regte tennis speel nie.
  3. Daar moes jy op ’n kleiner baan met spane speel.
  4. Hoe het die MS Queen met ander passasiersbote vergelyk?
  5. Dié passasiersboot het 2081 passasiers en 1005 bemanningslede gehuisves.
  6. Dit het van hom die grootste passasiersboot ter wêreld gemaak.
  7. Die boot was die regte plek om te trou en jou wittebrood te hou.
  8. Passasiers het heeldag op een van die 16 dekke gedans en geswem.
  9. Hulle het elke aand vertonings aangebied.
  10. ’n Mens kon nie tussen al die dansaktiwiteite nie kies, want daar was net te veel!
  11. ’n Mens behoort fiks te geword het met alles wat daar te doen was.
  12. Jy hoef egter niks te gedans het nie – jy kon net langs die swembad lê!
  13. Jy kon mengeldrankies drink toe jy langs die swembad gelê het.
  14. Ná my matriekeksamen, het ek beslis só ’n vakansie verdien!

Oefening 2

  1. Hy sal nie van die see hou nie.
  2. Hy sal baie meer daarvan hou om berg te klim.
  3. In die berge sal ’n mens die pragtige natuurskoon sien.
  4. Jy sal nogal fiks moet wees as jy ’n 5-dag staproete wil doen.
  5. Met my selfoon sal ek al die speldekussings en suikerbekkies afneem.
  6. Jy sal jou waterbottel by elke stroompie water weer moet volmaak.
  7. Niemand sal ’n sonsondergang in Namakwaland se berge kan weerstaan nie.
  8. Stappers sal altyd bedag moet wees op slange en skerpioene.
  9. Jy sal nie die slange of skerpioene op hoef te tel nie.
  10. Jy sal hulle net moet los en óm hulle stap.

Oefening 3

  1. Dit was ’n absolute voorreg om vakansie te kon hou.
  2. ’n Mens sal dit egter baie nodig hê, veral ná ’n jaar se harde werk.
  3. Sommige mense het ’n vakansie by die huis verkies.
  4. Ander wou graag gaan visvang en nie naby ’n winkel kom nie.
  5. My broer is mal daaroor om die hele vakansie net te lê en fliek te kyk.
  6. Hierdie jaar sal my suster met haar rugsak deur Thailand toer.
  7. My droomvakansie sal nie baie hoef te kos nie.
  8. Ek het net my tas ingepak en gesorg dat my paspoort gereed is.
  9. Afrika-safari’s sal een van die gewildste avonture wees om aan te pak.
  10. Jou paspoort moes geldig gewees het.

 

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.