Afrikaans Plus – Vergelyking – Simile

Afrikaans Plus – Vergelyking – Simile

Oefening 1

Voltooi die sinne deur die korrekte woord in te vul.

  1. My twee boeties baklei soos ___ en ___ .
  2. Ná atletiekoefening was ek so uit soos ’n ___ .
  3. In karate leer ons om te skop soos ’n ___ .
  4. Om ’n doelwagter te wees, moet jy so dapper soos ’n ___ wees.
  5. My sussie is so nuuskierig soos ’n ___ .
  6. Wanneer jy vir Fiona ’n geheim  vertel, kan jy maar weet: dis so veilig soos die __ .
  7. My pa jaag gereeld soos die ___ wanneer hy ons vir skool aflaai.
  8. My nuwe selfoon is so lig soos ’n ___ .
  9. Die meneer kla gereeld an die seuns wat so parmantig soos ___ is.
  10. My meisie spog elke dag by my dat Wiskunde vir haar so maklik is soos ___ .

Antwoorde

Oefening 1

  1. kat; hond
  2. kers
  3. volstruis
  4. leeu
  5. aap
  6. bank
  7. duiwel
  8. veertjie
  9. kalkoenmannetjies
  10. 10.pyp opsteek

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.