Afrikaans Plus – Verkleining – Diminutives

Oefening 1

Gee die verkleiningsvorm van die woorde tussen hakies:

  1. Ek wil graag vir jou ’n (vraag) vra: Wil jy nie gou die (vrag) sand met jou (kruiwa) wegry nie?
  2. Pak asb. die volgende in my (mandjie): (piesangs), (lemoene), (nartjies) en (pere).
  3. Die oulike ou (ding) het met sy (piering) op sy (skoot) gesit en eet.
  4. Alle (pa’s) en (ma’s) moet die vergadering bywoon, maar (oumas) en (oupas) is ook welkom.
  5. Ek het hierdie klein (skilpad) op die (pad) langs die klein (strand) langs die (baai) opgetel en in my (baadjie) toegedraai.

 

Antwoorde

Oefening 1

  1. vragie, vraggie, kruiwaentjie
  2. mandjietjie, piesankies, lemoentjies, nartjiekies, peertjies
  3. dingetjie, pierinkie, skootjie
  4. pa’tjies, ma’tjies, oumatjies, oupatjies
  5. skilpadjie, paadjie, strandjie, baaitjie, baadjietjie

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.