Laai die gratis uittreksel af om vakansietyd draaglik te maak vir ouers en kinders! Die volledige boek is beskikbaar op lapa.co.za of jou naaste boekwinkel.
Gratis aktiwiteite: Hallo, Tippie!
Die heruitgawe van die gewilde Leer my lees-reeks bevat QR-kodes wat jou lei na gratis aflaaibare aktiwiteite.
Laai die gratis aktiwiteite vir Leer my lees: Hallo, Tippie! hier af:
Lees meerGratis plakkate: ‘n Goeie dag vir boomklim
’n Goeie dag vir boomklim is ’n humoristiese, deernisvolle verhaal oor Marnus, ’n gefrustreerde middelkind, wat een Desembervakansie saam met ’n vreemde meisie bo in ’n boom beland in ’n poging om te keer dat die plaaslike owerheid dit afsaag. Die boek is ’n gewilde voorgeskrewe boek vir grade 7 HT en 8 EAT. Daar is ook ‘n gratis studiegids beskikbaar.
Lees meerMaak jou eie boekwurm boekmerk
Jason se ma het vir hom ’n boek gekoop. Die boek lê op die eetkamertafel. Maar Jason gaan dit beslis nie lees nie. O nee, hy het baie beter dinge om te doen. Maar dan seil ’n astrante bont wurm egter onverwags uit die boek … en Jason word deel van ’n prettige storie-avontuur!
’n Lekker avontuurbelaaide leesboek vir beginners, met volkleur-illustrasies en ’n positiewe boodskap oor boeke wat selfs die traagste leser sal aanspoor om homself tussen die bladsye van ’n boek te begewe!
Bestel Jason en die boekwurm by LAPA Uitgewers.
Afrikaans Plus – Sinonieme – Synonyms
Gee ‘n sinoniem vir die vetgedrukte woord in elke sin.
As jy griep het, moet ‘n geneesheer vir jou antibiotika voorskryf.