Afrikaans Plus – Advertensies, plakkate en strooibiljette – Advertisements, posters and flyers
Voorbeeld van ‘n advertensie
Bon Voyage Huissorgdiens
As jy en jou familie net vir ’n paar dae wil weggaan en ontspan, maar daar is niemand om na julle tuiste te kyk
nie …
Dink weer!
Brandon Daniels se Bon Voyage Huissorgdiens is perfek vir jou. Ek sal u briewe uit die posbus neem, die koerant van die paadjie in u huis sit, plante natmaak en ’n ogie hou oor u tuiste.
En nou kan selfs u diere versorg word. Ons sal twee keer ’n dag u diere kom kos gee en vir ’n daaglike stappie vat. So, skakel nou!
Sel: 084 924 3324
E-pos: BrandonD.BonvoyageHSD@Bazinga.com.
NB Pryse word uitgewerk na aanleiding van die omvang van die werk.
Brandon Daniels, Gr. 12 EAT Valhalla

Koop by www.lapa.co.za | 012 401 0700.
Opdrag
Liewer dood as uit die mode
Jy het ’n nuwe klerereeks of bykomstighede ontwerp.
Ontwerp nou ’n advertensie om dit bekend te stel.
- Wie is jou teikenmark? (Tieners, oumas, honde-eienaars?)
- Jou advertensie moet 80-100 woorde lank wees.
Woordeskat: Mode
| 1 | accessories | bykomstighede |
| 2 | bargain | winskopie |
| 3 | bodice, corset | korset |
| 4 | boots | stewels |
| 5 | boutique | boetiek |
| 6 | bra | bra, buustelyfie |
| 7 | brand/label | handelsmerk |
| 8 | braids | vlegsels, rastalokke |
| 9 | catwalk, runway | loopplank |
| 10 | collar | kraag, boordjie |
| 11 | comfortable | gemaklik |
| 12 | design | ontwerp, patroon |
| 13 | discount | afslag |
| 14 | earrings | oorbelle, oorkrabbe(r)tjies |
| 15 | elegance, elegant | elegansie, elegant |
| 16 | fabric | materiaal |
| 17 | fashion icon | mode-ikoon |
| 18 | fashionable, trendy | modieus, in die mode |
| 19 | fashionista | modepoppie |
| 20 | fashion trend | modeneiging |
| 21 | feminine | vroulik |
| 22 | fitting room | aanpaskamer |
| 23 | flattering | vleiend |
| 24 | garment | kledingstuk |
| 25 | gloves | handskoene |
| 26 | hand-made | handgemaak |
| 27 | high heels | hoëhakskoene |
| 28 | hoodie | kappietop |
| 29 | jacket | baadjie |
| 30 | jeggings | denimspanbroeke |
| 31 | latest fashion | die jongste mode |
| 32 | leggings | spanbroeke* |
| 33 | lipgloss | lipglans |
| 34 | lipstick | lipstiffie |
| 35 | makeup | grimering |
| 37 | must-have item | moethê-item |
| 38 | nail polish | naellak |
| 39 | out of style | uit die mode |
| 40 | outfit | uitrusting |
| 41 | sale | uitverkoping |
| 42 | scarf | serp |
| 43 | skirt | romp |
| 44 | sleaves | moue |
| 45 | stylish | stylvol |
| 46 | sunglasses | sonbril |
| 47 | tie, bowtie | das, strikdas |
| 48 | tights | kleefbroeke* |
| 49 | timeless | klassiek |
| 50 | T-shirt(s) | T-hemp (T-hemde) |
| 51 | wardrobe | klerekas |
| 52 | zip | ritssluiter |