Afrikaans Plus – Agenda en notule – Agenda and minutes
Voorbeelde van ‘n agenda en notule:
Agenda van vergadering van die Leerderraad wat gehou sal word
om 16:30 op Maandagmiddag 14 Januarie 2019 in die konferensiekamer.
Agenda
1. Opening en verwelkoming
2. Bywoning en verskonings
3. Notule van die vorige vergadering
4. Sake uit die notule
4.1 Valentynsbal
4.2 Atletiek – Interskole Kuieraand
5. Nuwe sake
5.1 Nuwelinge-buddie-projek
6. Algemeen
7. Datum van volgende vergadering
8. Afsluiting
__________ __________
Kruger S. Smith
Voorsitter Sekretaresse
Notule van vergadering van die Leerderraad wat gehou is
om 16:30 op Maandagmiddag 14 Januarie 2019 in die konferensiekamer.
Notule
1. Opening en verwelkoming
Die voorsitter verklaar die vergadering geopen en heet lede welkom.
2. Bywoning en verskonings
Almal is teenwoordig
Geen verskonings.
3. Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering is gelees, goedgekeur en onderteken.
4. Sake uit die notule
4.1 Valentynsbal
Williams lewer verslag oor die spyseniers. Good food Catering sal teen R100 ’n kop ’n tweegangmaaltyd verskaf. Hulle moet egter die skool se kombuis besigtig en R. Williams moet reël met ’n tyd met juf. Geers.
Bestbier bevestig dat al 12 tafels ’n gasvrou het. Daar is ook genoeg geld in die begroting dat elk R300 kan kry om die tafel te dek en mooi te maak.
Miller bevestig dat die klank, fotograaf en sekuriteit van die aand gereël is. Die voorstel dat die klankman, fotograaf en 2 sekuriteitswagte ook ’n bord kos kan kry, word aanvaar. D. Bestbier moet dit in die begroting inwerk.
4.2 Atletiek – Interskole Kuieraand
Brown kon bevestiging van 3 van die 4 skole kry vir die bywoon van die funksie die Vrydagaand, 1 Februarie. Kuruwater HS sal 16 Januarie hulle getalle bevestig. Dit bring die totaal leerderraadlede wat die aand gaan bywoon op 65. Die voorgestelde idees van gemengde skole aflosspanne met leerders en onderwysers is aanvaar, sowel as die ruil van dirigente, asook die voorstel van ruil ’n leerderraad-dag.
Brown en K. Swanepoel moet teen 21 Januarie die spyskaart bevestig en terugvoer lewer met die volgende vergadering.
5. Nuwe sake
5.1 Nuweling-buddie-projek
Voorstel van M. Lebusa en W. Van der Merwe: Elke graad 8-leerder het ’n matrikulant as voog vir die jaar. Daar sal ’n opleidingsaand gehou word waar matrikulante weer herinner word aan wat vir ’n graad 8-leerder moeilik en vreemd van die hoërskool is. Gesprekke rondom hulp met boeilies en groepsdruk sal ook gehou word. Die voorstel word aanvaar.
Lebusa en W. van der Merwe sal die voorstel aan die bestuurspan van die skool gaan voorlê. Terugvoer word met die volgende vergadering verwag.
6. Algemeen
6.1 Begrotingsverslag
Thsobo lewer verslag oor die begroting. Die oordrag van 2018 se leerderraad beloop R14 505. Hy versoek dat die begrotings van die Valentynsbal en die Interskole Kuieraand so gou moontlik gefinaliseer word, sodat hy kan bepaal wat hy tot die aand kan bydra. Die finansiële staat van die Leerderraad Kuieraand met ouers van 11 Januarie is steeds uitstaande. S. Maree moet dit voor 18 Janaurie afhandel.
6.2 Sosiale Media
Die skoolhoof het die groenlig vir ’n Instagram-rekening gegee.
Venter sal in samewerking met meneer Groenewald en die skoolkoerantredaksie werk om seker te maak dat inligting korrek en relevant is.
7. Datum van volgende vergadering
21 Januarie 2019
8. Afsluiting
Die voorsitter bedank almal vir hulle insette. Die vergadering verdaag om 17:40.
