Afrikaans Plus – Bedankings – Vote of thanks

Afrikaans Plus – Bedankings – Vote of thanks

Voorbeeld van die bedanking van ‘n spreker

 

Natalie, ek dink nie ek sal ooit die aanhaling uit Benjamin Mays se gedig, wat jou tot ongekende hoogtes geïnspireer het, vergeet nie. “The tragedy of life does not lie in not reaching your goals; the tragedy of life lies in not having goals to reach for.”

Dankie dat jy ’n stukkie van jou lewe met ons kom deel het, dat jy ons van jou drome vertel het en vir ons kom wys het dat die onmoontlike tóg moontlik is.

Leerders, ek dink julle sal saamstem dat om ’n doelwit te hê juis dít is wat gemaak het dat julle vanaand hier sit en dat ons as skool die voorreg het om julle prestasies vanaand te eer. Onthou die aanhaling; onthou dat ’n mens móét droom.

Dankie, Natalie, dat jy kom wys het wat harde werk, baie sweet en ja – ook baie swemkeps kan bereik! Dat deursettingsvermoë ’n keuse is en dat as jy regtig wil, jy regtig kan. Maar jy het ook vir ons kom wys dat sukses ’n spanpoging is; dat wanneer ons as ouers, ons as skoolgemeenskap en ons as atlete saamstaan, ons beslis bo kan uitkom.

Namens Hoërskool Kroonwater, sê ek vir jou dankie dat jy so ’n fantastiese rolmodel vir ons kinders is en bereid is om die ekstra myl te loop. Dankie dat jy aan ons kinders glo en bereid is om terug te ploeg aan ’n generasie wat glo hulle kán.

Ons wens jou alle sukses en voorspoed met jou loopbaan toe.

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.