Afrikaans Plus – Benadering tot skryfwerk – Approach to written work

Afrikaans Plus – Benadering tot skryfwerk – Approach to written work

Formule vir storieskryf

Het jy geweet?

Elke boek wat jy al ooit gelees het, elke rekenaarspeletjie wat jy al ooit gespeel het, en elke fliek wat jy al ooit gesien het, se storie werk met hierdie formule:

  • ’n Karakter wil iets hê.
  • Hy kan dit nie kry nie.
  • Hy probeer om dit te kry.
  • Uiteindelik kry hy dit of hy leer om daarsonder te leef.

In ’n sprokie soos Aspoestertjie wil Aspoestertjie met die prins trou. Sy kan dit nie doen nie, want sy is vuil en haar aaklige susters staan in haar pad. Sy probeer om die prins te kry (sy gaan na die bal). Uiteindelik kry sy die prins.

Jy kan hierdie storie-formule ook gebruik wanneer jy ’n opstel moet skryf:

Eerste paragraaf: Wys dat iemand iets wil hê.

Tweede paragraaf: Wys dat hy dit nie kan kry nie.

Derde tot, sê maar vyfde of sesde paragraaf: Laat jy hom probeer om dit te kry

Slotparagraaf: Laat hy dit kry of besluit hy het dit nie meer nodig nie.

Die moeilkste deel is altyd om te besluit wat jou karakter wil hê. Onthou egter dat jou karakter nie JY hoef te wees nie, so moenie skaam wees en wonder wat ander mense van jou gaan dink as jou karakter hierdie of daardie ding wil hê nie.

Maak jou karakters denkbeeldige mense en gaan wild met jou verbeelding.

 

 

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.