Afrikaans Plus – Geluide – Sound

Oefening: Klanknabootsing
1. Gee EEN voorbeeld van KLANKNABOOTSING (onomatopee) in die strokiesprent:
2. Gee ‘n voorbeeld van KLANKNABOOTSING in die gedig.
Waarom het die hoender? (Franci Greyling)
Ons wou
nog wens
been tjie
trek jy
en ek
maar die
hoen der
het ont
snap
Kek!
Kek! Kek!
Elke
Been
Tjie
Op
Sy
Plek.
- Voltooi die volgende sinne deur die regte geluid in te vul:
- Ek hoor hoe die volstruise _____
- Die paddas _____ in die plaasdam.
- Ek het geskrik toe ‘n slang langs my _____.
- _____ lui die telefoon.
- Die helikopters _____ in die lug.
Antwoorde
- Doef! (die klank van die hamer wat op die spyker kap)
- Kek! (die klank wat ‘n hoender maak as sy skrik)
-
- Brom
- Kwaak
- Sis
- Trieng-trieng
- Druis