Afrikaans Plus – Tyd – Time
Oefening 1
Kies die korrekte antwoord tussen hakies.
- Ons moet (10de Mei / 10 Mei) hospitaal toe gaan.
- Die atletiekdag begin om (07:00 vm / 07:00).
- Ek is moet elke oggend om (ses uur / sesuur / ses ure) met my hond stap.
- Alle spanfoto’s word op (Dinsdag, 3 April / Dinsdag 3 April) geneem.
- Die verkeer is soms so erg; om (drie uur / drieuur) huis toe te ry, is algemeen.
- Die Olimpiese rekord vir die 800m vir mans is (1:40.91 / 1min. 40.91 sek).
- As jy ’n (halfuur / half uur) elke dag draf, raak jy vinnig fiks.
- Ná 5 (jare/jaar) in die hoërskool, sien ek baie uit na my oorbruggingsjaar in Amerika.
- Ons waterpolo-oefening begin om (drieuur / drie uur / drie-uur).
- Dit gaan my ’n ( ¾ uur / driekwart uur / driekwartier) neem om klaar te maak.
Antwoorde
- 10 Mei
- 07:00
- sesuur
- Dinsdag 3 April
- drie uur
- 1:40:91
- halfuur
- jaar
- drieuur of drie-uur
- driekwartier
