Afrikaans Plus – Vergelyking – Simile

Oefening 1
Voltooi die sinne deur die korrekte woord in te vul.
- My twee boeties baklei soos ___ en ___ .
- Ná atletiekoefening was ek so uit soos ’n ___ .
- In karate leer ons om te skop soos ’n ___ .
- Om ’n doelwagter te wees, moet jy so dapper soos ’n ___ wees.
- My sussie is so nuuskierig soos ’n ___ .
- Wanneer jy vir Fiona ’n geheim vertel, kan jy maar weet: dis so veilig soos die __ .
- My pa jaag gereeld soos die ___ wanneer hy ons vir skool aflaai.
- My nuwe selfoon is so lig soos ’n ___ .
- Die meneer kla gereeld an die seuns wat so parmantig soos ___ is.
- My meisie spog elke dag by my dat Wiskunde vir haar so maklik is soos ___ .
Antwoorde
Oefening 1
- kat; hond
- kers
- volstruis
- leeu
- aap
- bank
- duiwel
- veertjie
- kalkoenmannetjies
- 10.pyp opsteek