Afrikaans Plus – Woorde wat dikwels verwar word – Words that can often cause confusion
Oefening 1
Kies die korrekte woord.
- Ek moet/moed my huiswerk doen. Ek het al my moet/moed bymekaar geskraap om die meisie uit te vra.
- Ek hou van tamatiesous, maer/maar nie van tamaties nie. Die hond is maer/maar, want hy eet te min.
- My ma kom haal/hael my by die skool. Dit haal/hael en reën.
- Kyk hierdie mooi steun/steen wat ek opgetel het. Ek steun/steen die Springbokke.
- My voet/voed is seer, ek kan nie daarop trap nie. Die ma voet/voed die baba.
- My ma vuil/vyl haar naels. Sies, die vloer is vuil/vyl.
- Die Goeie Fee/Vee het Aspoestertjie se pampoen in ’n koets verander. Ek fee/vee die vloer met ’n besem.
Antwoorde
Oefening 1
- Ek moet my huiswerk doen. Ek het al my moed bymekaar geskraap om die meisie uit te vra.
- Ek hou van tamatiesous, maar nie van tamaties nie. Die hond is maer, want hy eet te min.
- My ma kom haal my by die skool. Dit hael en reën.
- Kyk hierdie mooi steen wat ek opgetel het. Ek steun die Springbokke.
- My voet is seer, ek kan nie daarop trap nie. Die ma voed die baba.
- My ma vyl haar naels. Sies, die vloer is vuil.
- Die Goeie Fee het Aspoestertjie se pampoen in ’n koets verander. Ek vee die vloer met ’n besem.
