As kind was Fanie Viljoen mal oor illustrasies met honderde klein goedjies in. Dit was soos ‘n speurtog om alles raak te sien. Met hierdie animasie wys hy jou hoe een van Pieksel se illustrasies vorm aanneem, van ‘n basiese agtergrond tot die voltooide illustrasie. Wat sien JY alles raak?
Lees meerKlasgids 2019
Onderwysers kan teen R320 vir die jaar inteken om Klasgids kwartaalliks in die pos te ontvang, óf enkeluitgawes koop teen R85 elk. Daar is ook beperkte voorraad van vorige uitgawes beskikbaar.
Ouers teken ook graag in op Klasgids vir die oefenvraestelle, notas en taaloefeninge.
Lees meerIn die kollig – speeltekste vir dramaleerders
As jy op soek is na ’n nommerpas teks om by die eisteddfod voor te dra, ’n stuk om vir jou volgende dramaklas voor te berei, of jou eie prettige eenmanvertoning of toneelstuk op die planke wil bring, is hierdie die perfekte boek vir jou! Die veteraanaktrise Lizz Meiring se nuwe bundel met 33 verhoogtekste is geskik vir die klaskamer, eisteddfods, dramaklasse en skoolopvoerings.
Lees meerKlasgids
Klasgids is al meer as 50 jaar lank die Afrikaansonderwyser se regterhand in die klaskamer. Die tydskrif verskyn kwartaalliks en bevat artikels oor taalonderrig asook leermateriaal vir Afrikaans Huistaal én Eerste Addisionele Taal.
Sedert 2014 verskyn daar elke kwartaal twee uitgawes van Klasgids: een vir die laerskool en een vir die hoërskool. Die inhoud van elke uitgawe word saamgestel uit bydraes van toponderwysers, vakadviseurs en vakspesialiste regoor die land.
Ouers teken ook graag in op Klasgids vir die oefenvraestelle, notas en taaloefeninge.
Lees meerHoezit! – Aaaaah! Adrenalien!
As jy al ooit geskrik het vir ’n harde geluid, van ’n duikplank af in die swembad gespring het, of gespanne gevoel het as jy ’n praatjie voor die klas moet doen, dan weet jy hoe voel adrenalien.
Lees meer