Dis weer dié tyd van die jaar wat jong redenaars pen en papier moet nadertrek en begin skryf aan hul toesprake vir die ATKV-Redenaarskompetisie 2020. Die temas is pas bekend gemaak en is soos volg:
Lees meerATKV-Sprekershandleiding
Die temas vir die ATKV-Redenaarskompetisie 2019 is bekend en as jy ’n ouer is wat dalk weemoedig wil sug omdat die skryf van jou kind se toespraak soos ’n berg voor jou lê, is daar goeie nuus! Die ATKV-Sprekershandleiding is nou te koop. Dié handige gids met riglyne vir die skryf en lewering van ’n toespraak is jou en jou kind se paspoort tot ’n uitmuntende toespraak.
Die gids kos net R85.
Temas vir ATKV-Redenaars 2019
Die temas vir die ATKV-Redenaarskompetisie 2019 is pas bekend gemaak.
Lees meerAfrikaans Plus – Toespraak – Speech
Voorbeeld van ‘n toespraak
Toespraak vir die onderwysers
Onderwysers is ons rigtingwysers, want hulle gebruik hul kennis om studente die lig en die pad na daardie lig te wys.
Geagte Personeel
Om tot siens te sê, kan ’n bitter saak wees, veral as jy ’n leerder van JG Meiring is. Ons het gekom aan die einde van ’n uitstekende jaar. ’n Jaar van veranderinge. ’n Jaar van vernuwing. Die leerders van JG Meiring kon hierdie sukses nie behaal het sonder die hulp van hierdie hulpvaardige personeel nie.
Eerstens wil ek en die res van die leerders dankie sê aan die onderwysers. Baie dankie vir al die ure wat u ingesit het om ons kennis uit te brei en ons te help groei. Dankie vir al die inspirerende woorde, sowel as die streng woorde wat ons gehoor het as ons nie ons huiswerk gedoen het nie of nie ons geld vir die “Surf Walk” gebring het nie. So ongelooflik soos dit mag klink, is ons selfs ook dankbaar vir die detensies, want dit het baie van ons geleer om nie weer die verkeerde pad te kies nie.
Tweedens wil ek baie dankie sê vir die skoonmaakpersoneel van die skool. As dit nie vir u was nie, sou ons sonder beligting in ons klasse gesit het of ’n skoolterrein gehad het wat soos n vullishoop lyk. Die bydrae wat u gemaak het, sal ons altyd waardeer. Ja, u is ook “important”!
Laastens wil ek dankie sê vir ons skoolhoof: Baie dankie, Meneer, dat u hierdie instelling so uitstekend bestuur.
Medematrieks, dit mag wel vir ons voel soos die einde, maar onthou: dit is net die begin!
Shanley Ramrock, Gr. 12 EAT JG Meiring
Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.
Afrikaans Plus – ABC van mondelinge aanbieding – ABC of oral presentation
Voorbeeld van ‘n goeie mondelinge aanbieding
Lees meer