Afrikaans Plus – Afkortings – Abbreviations

Oefening 1
Skryf die volgende afkortings volledig uit:
- Sa.
- Des.
- asb.
- p.m.
- dr.
- sr.
- km.
- m.a.w.
- hosp.
- fig.
Oefening 2
Gee die afkortings van die woorde in hakies.
- Ek het elke (kwartaal) sport ná skool.
- Daar is omtrent 33 000 studente op (universiteit).
- My broer wil ’n (diploma) in argitektuur doen.
- Ek wil graag in (April) met CrossFit begin.
- Tegnologie verander so vinnig – selfs (elektroniese pos) raak outyds!
- Jy het ongeveer 50 (gram) gekapte pekanneute nodig vir wortelkoek.
- Hoeveel keer ’n (maand) moet jy jou pa se motor was?
- Watter (nommer) moet ek skakel om meer uit te vind oor ‘n GAP-jaar?
- Die bootreis gaan ongeveer R27 000 (per persoon) kos.
- Die (standaard) van sokkerdoelwagters in Duitsland is baie hoog.
Antwoorde
Oefening 1
- Saterdag
- Desember
- asseblief
- per maand
- doktor / dokter
- senior / suster
- kilometer
- met ander woorde
- hospitaal
- figuurlik
Oefening 2
- kw.
- univ.
- dipl.
- Apr. (onthou die hoofletter)
- e-pos
- g (onthou – geen punt)
- md.
- nr. / no.
- p.p.
- st.