Afrikaans Plus – Antonieme – Antonyms

Oefening 1
Vul ’n woord met die teenoorgestelde betekenis as die vetgedrukte woord in.
- Die wasgoed is nie meer druipnat nie, maar ____________________.
- Die lyn is nie krom nie, maar _______________________.
- Die baba is nie meer siek nie, hy is nou _____________________.
- Die storie begin snaaks, maar _____________________ hartseer.
- Ek kan nie kop of _________________ uitmaak van wat jy sê nie.
Oefening 2
Antwoord die vrae. Begin so: Nee, … Gebruik ‘n antoniem in die plek van die vetgedrukte woord.
- Is die vleis al gaar?
- Is die kinders se werk netjies gedoen?
- Beweeg die verkeer doodstadig?
Antwoorde
Oefening 1
- kurkdroog
- reguit
- gesond
- eindig
- stert
Oefening 2
- Nee, die vleis is nog rou.
- Nee, die kinders se werk is slordig gedoen.
- Nee, die verkeer beweeg blitsvinnig.