Afrikaans Plus – Direkte en indirekte rede – Direct and indirect speech
Oefening 1
Skryf die sinne in die direkte rede.
- Die seuns het vir hul onderwyser gevra of hy hulle daardie aand met hulle take kan help.
- Joanne sê dat sy nie van tamaties hou nie.
- Die seuns het bly uitgeroep dat hulle span gewen het.
Oefening 2
Skryf die sinne in die indirekte rede.
- “Nou is dit te laat, want ek moet die klere al môre hê,” het Fred gesê.
- Pieter vra: “Waarheen gaan jy en jou ma môre, Joan?”
- “Los my nou uit!” het John geskreeu.
Antwoorde
Oefening 1
- Die seuns het vir hul onderwyser gevra: ”Kan Meneer ons vanaand met ons take help?”
- Joanne sê: ”Ek hou nie van tamaties nie.”
- Die seuns het uitgeroep: ”Hoera! Ons span het gewen!”
Oefening 2
- Fred het gesê dit is nou te laat (dat dit nou te laat is), want hy moet die klere al môre hê.
- Pieter vra vir Joan waarheen sy en haar ma môre gaan.
- John het geskreeu dat hy wil uitgelos word. OF John het geskreeu dat jy hom moet uitlos.
