Afrikaans Plus – Getalle – Numbers

Oefening 1
Skryf die getalle tussen hakies oor in korrekte Afrikaans.
- Wanneer jy lid van ’n kwartet is, is jy een van (4) mense wat sing.
- Daar was (400) mense in die gehoor.
- Wanneer ek in graad (11) is, gaan ek elke dag my huiswerk doen!
- Dit is nou al die (3) keer dat ek jou vra om my te antwoord!
- My sussie word een van die dae (14).
- Ek wil beslis nie (21) word en nog nie my bestuurslisensie hê nie!
- Ek het darem al ’n (¾) van my Ekonomie-huiswerk gedoen.
- ’n Mens sukkel vreeslik om ’n nommer (12)-skoen in die hand te kry.
- My nommer vir die Twee Oseane Marathon is (152).
- Om (1) in die klas te staan, verg baie harde en konstante werk.
Oefening 2
Kies die korrekte antwoord tussen hakies.
- My meisie het sowaar die rekord van die 100 (meters/meter) verbeter!
- My oupa, 88 (jaar/jare) oud, stap nog steeds elke dag 2 (kilometer/kilometers).
- (21 / Een en twintig) dae is al wat jy nodig het om ’n nuwe gewoonte te vorm.
- Ek sukkel om meer as (R250 / R 250) ’n maand te spaar.
- In ons (graad 9 klas / graad 9-klas) is daar baie leerders wat Kuns as vak neem.
- Ek sien baie min ’n (R200-noot / R 200-noot / R200 noot) in my beursie.
- Ek drink ’n 2 (liter / liters) Coke lag-lag op.
- Met die droogte tans in die streek sukkel boere om meer as (3 t / 3t) mielies te lewer.
- ’n Miniatuur worshond kan tussen 15 – 21 (sentimers/sentimeter) lank wees.
- Ek staan (agste/agde) in my klas.
Antwoorde
Oefening 1
- vier
- vierhonderd
- elf
- derde
- veertien
- een en twintig / een-en-twintig
- driekwart
- twaalf
- honderd twee en vyftig / honderd-twee-en-vyftig / eenhonderd twee en vyftig / eenhonderd-twee-en-vyftig
- eerste
Antwoorde
Oefening 2
- meter
- jaar; kilometer
- Een en twintig (of Een-en-twintig)
- R250
- graad 9-klas
- R200-noot
- liter
- 3 t
- sentimeter
- agste