Afrikaans Plus – Infinitief – Infinitive

Oefening 1
Skryf die sin oor en gee die regte vorm van die woorde tussen hakies:
- Gebruik jou gesonde verstand (die probleem oplos).
- Jy behoort gereeld (jou motor diens).
- Jy hoef nie altyd eers (toestemming vra).
- Dis belangrik (gereeld jou tande borsel).
- Dis jou taak (die skrywer bekendstel).
Antwoorde:
Oefening 1
- Gebruik jou gesonde verstand om die probleem op te los.
- Jy behoort gereeld jou motor te diens.
- Jy hoef nie altyd eers toestemming te vra nie.
- Dis belangrik om gereeld jou tande te borsel.
- Dis jou taak om die skrywer bekend te stel.