Afrikaans Plus – Intensiewe vorme – Intensive forms

Oefening 1
Skryf die intensiewe vorm van die onderstaande woorde neer.
- geel
- wit
- natuurlik
- kwaad
- donker
- goedkoop
- suur
- vreemd
- bekend
- bang
Oefening 2
Gee die intensiewe vorm van die woord in hakies. Maak ook seker dat jy die korrekte vorm van die woord gee.
- My hond het (reguit) op my afgestorm toe ek vanmiddag by die huis instap.
- Dit was ’n (normaal) dag tot ek na die hoof se kantoor geroep is…
- Hartenbos se kampplek is gewoonlik (vol) tydens Desember-vakansies.
- My ouma het sulke (blou) oë gehad wat tot diep binne jou kon kyk.
- Die (verlief) seun het 4 bosse rose vir sy meisie gestuur.
- Die (leeg) damme in die Wes- en Oos-Kaap maak almal bekommerd.
- Al wat my afkoel ná ’n warm dag, is ’n (koud) Coke.
- Tydens dooie gety, is die see se oppervlak (glad.)
- Ek haat dit as piesangs so bruin raak en (sag) is!
- Ek wil (graag) in Amerika gaan toer ná matriek!
Antwoorde
Oefening 1
- goudgeel
- spierwit
- doodnatuurlik
- smoorkwaad
- pikdonker / stikdonker
- spotgoedkoop
- asynsuur
- doodvreemd
- alombekend / wêreldbekend
- doodbang
Oefening 2
- pylreguit
- doodnormale
- stampvol
- potblou
- smoorverliefde
- dolleë
- yskoue
- spieëlglad
- papsag
- dolgraag