Afrikaans Plus – Leestekens – Punctuation
Oefening 1
Vul die ontbrekende hoofletters en leestekens in:
- ek wil by my ouma-hulle gaan kuier maar my suster wil by die huis bly
- ons moet vir pa ’n kaartjie maak vir vadersdag
- ma wat eet ons vir aandete
- susan sê erika het nie haar huiswerk gedoen nie juffrou
- nicholas jy behoort jou te skaam
- ek het nou genoeg gehad skree die kwaai juffrou
- ek wil my ma bederf met ’n geskenkbewys van woolworths
- dokter de wet vra waar is mnr johan van der merwe se verslag
Antwoorde
Oefening 1
- Ek wil by my ouma-hulle gaan kuier, maar my suster wil by die huis bly.
- Ons moet vir Pa ’n kaartjie maak vir Vadersdag.
- Ma, wat eet ons vir aandete? / “Ma, wat eet ons vir aandete?”
- Susan sê: “Erika het nie haar huiswerk gedoen nie, Juffrou.”
- Nicholas, jy behoort jou te skaam!
- “Ek het nou genoeg gehad!” skree die kwaai juffrou.
- Ek wil my ma bederf met ’n geskenkbewys van Woolworths.
- Dokter de Wet vra: “Waar is mnr. Johan van der Merwe se verslag?”