Afrikaans Plus – Literêre terme – Literary terms

Identify the figures of speech in each of he following and motivate your answer in Afrikaans.
- Jannie het voete soos roeibote.
- Hy sweer hoog en laag dat hy onskuldig is.
- Daar was gisteraand ‘n reusevlooi in my bed.
- Sannie is die Aspoestertjie in die Smit-gesin.
- Ek dink Stoffel kort ‘n bad. Eufemisme.
- Elsie moet vinnig ‘n rok gaan koop voordat die groot nommers uitverkoop is..
- Florence Nightingale, kom red hierdie hospitaal!
- Kort voor haar dood het sy gesê sy wil haar suster nooit weer sien nie.
- Kan jy ‘n handjie bysit wanneer ek my huis skoonmaak?
- Vir ‘n aktiewe mens is niksdoen harde werk.
- Sy klou om lewe en dood aan die reddingsboei.
- Die kliёnt vra vir die masseuse of sy vandag beter voel.
- Pasop Jannie! Wil jy hê die karre moet jou raakry?
- Die opwinding langs die sportveld was tasbaar.
- Kom geniet gerus ‘n happie by my nuwe restoutant.
- Ek sien Piet het nuwe wiele gekry.
- Hoe meer haas, hoe minder spoed.
- Wanneer ek op ‘n vinnige perd sit, gallop my hart sommer.
- Ek het al so ‘n paar prysies gewen vir my skryfwerk.
- My ma maak die beste kos in die hele wêreld.
- Die bruid het haar hart aan die bruidegom gegee.
- Karel is nie die slimste kind in die klas nie.
- Dood, waar is jou angel?
- Die Adonis op die foto is my broer.
- Juffrou, almal dink die toets was te moeilik.
- Hou vas julle beursies, hier kom Wouter.
- Ek het die baadjie wat ek uit die winkel gesteel het, in die taxi vergeet!
- My bed, my lekker warm bed, hoe verlang ek nou na jou!
- Pieter probeer hard om die Shakespeare in die Engelse klas te wees.
Answers
- Die grootte van Jannie se voete word oordryf vir effek.
- ‘Hoog’ en ‘laag’ is teenoorgesteldes in een stelling.
- Oksimoron. Die teenoorgestelde ‘reus’ en ‘vlooi’ word naasmekaar gebruik.
- Antonomasia. ‘Aspoestertjie” is ‘n eienaam wat die idee van ‘n afskeepkind verteenwoordig.
- Versagting van ‘n uitdrukking, ‘Stoffel stink’, wat aanstoot mag gee.
- Insinuasie. ‘n Indirekte manier om beledigend te sê Elsie is vet.
- Apostroof. ‘n Afwesige persoon, objek of konsep word direk aangespreek.
- Ironie. Toe sy dit gesê het, het sy nie verwag om haar suster werklik nooit weer te sien nie.
- Sinekdogee. ‘Handjie’ is net ‘n deel van die hele persoon wat moet help huis skoonmaak.
- Paradoks. Die teenoorgestelde “aktief’ en “niksdoen’ lyk onmoontlik, maar is in hierdie konteks waar.
- Antitese. ‘Lewe’ en ‘dood’ is teenoorgesteldes in een stelling.
- Woordspeling. “Voel’ verwys hier na die masseuse se werk ėn na haar gesondheid.
- Retoriese vraag. Dit is ‘n waarskuwing, nie vraag waarop ‘n antwoord verwag word nie.
- Sinestesie. Die ervaring van ‘opgewonde wees’, word beskryf met ‘n ander sintuig, ‘om met die vingers te voel’, beskryf.
- Metonimia. ‘Happie’ verwys na ‘n verskeidenheid kos om te eet.
- Sinekdogee. ‘Wiele’ is net ‘n deel van die motor wat Piet gekry het.
- Antitese. ‘Meer’ en ‘minder’ is teenoorgesteldes in een stelling.
- Woorspeling. ‘Galop’ verwys hier na die perd ėn die hart se beweging.
- Litotes. Die spreker spog deur onderbeklemtoning van sy prestasie waarop hy eintlik baie trots is.
- Hiperbool. Die smaak van die kos word oordryf vir effek.
- Sinekdogee. ‘Hart’ is ‘n deel van die hele bruid wat aan die bruidegom gegee is.
- Eufemisme. Versagting van ‘n uitdrukking, ‘Karel is dom’, wat aanstoot mag gee.
- Apostroof. ‘n Afwesige persoon, objek of konsep word direk aangespreek.
- Antonomasia. ‘Adonis” is ‘n eienaam wat die idee van ‘n besondere mooi man verteenwoordig.
- Hiperbool. Die aantal mense word oordryf vir effek.
- Insinuasie. ‘n Indirekte manier om beledigend te sê Wouter is ‘n dief.
- Ironie. Die teenoorgestelde van wat ek verwag het, het gebeur.
- Apostroof. ‘n Afwesige persoon, objek of konsep word direk aangespreek.
- Antonomasia. ‘Shakespeare” is ‘n eienaam wat die idee van ‘n beroemde skrywer verteenwoordig.