Afrikaans Plus – Mense, lande en tale – People, countries and languages
Oefening 1
Voltooi:
- Iemand wat van Kaapstad kom, noem ons ‘n __________.
- Iemand wat van Durban kom, noem ons ‘n __________.
- Iemand wat van Europa kom, noem ons ‘n __________.
- Iemand wat van Namibië kom, noem ons ‘n __________.
- Iemand wat van Kanada kom, noem ons ‘n __________.
- Iemand wat van Zimbabwe kom, noem ons ‘n __________.
- Mense wat van Amerika kom, noem ons ___________.
- Mense wat van Duitsland kom, noem ons ___________.
- Mense wat van België kom, noem ons ___________.
- Mense wat van Indië kom, noem ons ___________.
- Mense wat van Gauteng kom, noem ons ___________.
- Mense wat van Italië kom, noem ons ___________.
Antwoorde
Oefening 1
- Kapenaar
- Durbaniet
- Europeër
- Namibiër
- Kanadees
- Zimbabwiër
- Amerikaners
- Duitsers
- Belge
- Indiërs
- Gautengers
- Italianers
