Afrikaans Plus – Ontkennende vorm – Negative form
Oefening 1
Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende vorm:
- Was julle al ooit by die nuwe restaurant op die dorp?
- Hy loop iewers rond in die dorp.
- Die Wiskunde-onderwyser is altyd laat vir klas.
- Stuur asb. onmiddellik ’n e-pos!
- Óf Juan, óf Franco sal vandag pale toe skop.
Antwoorde
Oefening 1
- Was julle nog nooit by die nuwe restaurant op die dorp nie?
- Hy loop nêrens rond in die dorp nie.
- Die Wiskunde-onderwyser is nooit laat vir klas nie. OF Die Wiskunde-onderwyser is nie altyd laat vir klas nie.
- Moet asb. nie onmiddellik ’n e-pos stuur nie!
- Nóg Juan, nóg Franco sal vandag pale toe skop.
