Afrikaans Plus – Samestellings – Compound words

Oefening 1
Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies:
- Dis blykbaar die (wes + wind) wat mens se (gees + gesondheid) so aantas.
- Die (eksamen + vraestel) was (kind + speletjies).
- Die nuwe (seun + hemp) het nie meer (knoop + gat) nie.
- Volgens die (weer + voorspel + program) gaan daar môre ’n (hoog + druk) oor die land inbeweeg.
- Ek eet graag (kalf + vleis), (lam + bredie) en (pampoen + koekies).
Antwoorde:
- westewind, geestesgesondheid
- eksamenvraestel, kinderspeletjies
- seunshemde, knoopsgatte
- weervoorspellingsprogram, hoogdruk
- kalfsvleis, lamsbredie, pampoenkoekies