Afrikaans Plus – Soorte sinne – Types of sentences
Oefening 1
Watter soort sin is elk van die volgende?
- Maak die boot stewig vas aan die kaai.
- Swem jy graag in die see?
- Kaapstad is ’n pragtige stad.
- Moenie die arme robbe seermaak nie!
- Walvisse en dolfyne is soogdiere.
- Gee vir die kat ook ’n stukkie snoek!
- Sjoe, die suidoos waai sterk!
- Was jy al in Gansbaai?
- Hoeveel klipvisse het julle gevang?
Oefening 2
Verander die vraagsinne na bevele.
- Kan jy die koerant lees?
- Het jy die koerant gekoop?
- Sal jy vir my die boek aangee, asseblief?
- Het jy vir die kat ’n stukkie vis gegee?
- Swem jy graag in die see?
Antwoorde
Oefening 1
- stelling
- vraag
- stelling
- bevel
- stelling
- bevel
- uitroep
- vraag
- vraag
Oefening 2
- Lees die koerant.
- Koop die koerant.
- Gee asseblief die boek aan.
- Gee vir die kat ’n stukkie vis.
- Swem in die see.
