Afrikaans Plus – Trappe van vergelyking – Degrees of comparison

Afrikaans Plus – Trappe van vergelyking – Degrees of comparison

Oefening 1

Kies die regte woord tussen hakies.

  1. My ma is baie (haastig, haastiger, haastigste) om by die huis te kom.
  2. Ek is (lief, liewer, liefste) vir katte as vir honde.
  3. Ons kan (laat, later, laatste) ’n bietjie kaart speel.
  4. My skooltas is die (swaar, swaarder, swaarste) as ek al my handboeke daarin pak.
  5. Dit is die (droog, droër, droogste) winter in jare.
  6. Ons woon (naby, nader, naaste) aan die skool nadat ons getrek het.
  7. Ek is (tevrede, meer tevrede) met my punte.
  8. Die rentekoers is (laag, laer, laagste) as verlede jaar.
  9. Ek is die (moeg, moeër, moegste) na ’n netbaloefening.

Antwoorde 

Oefening 1

  1. haastig
  2. liewer
  3. later
  4. swaarste
  5. droogste
  6. nader
  7. tevrede
  8. laer
  9. moegste

 

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.