Afrikaans Plus – Tye – Tenses

Oefening 1
Skryf die volgende sinne oor in die verlede tyd.
- Ek is mal daaroor om tennis te speel.
- Ek kan nie op die MS Queen Elizabeth regte tennis speel nie.
- Daar moet jy op ’n kleiner baan met spane speel.
- Hoe vergelyk die MS Queen met ander passasiersbote?
- Dié passasiersboot huisves 2081 passasiers en 1005 bemanningslede.
- Dit maak van hom die grootste passasiersboot ter wêreld.
- Die boot is die regte plek om te trou én jou wittebrood te hou.
- Passasiers dans en swem heeldag op een van die 16 dekke.
- Hulle bied elke aand verskillende vertonings aan.
- ’n Mens kan nie kies tussen al die dansaktiwiteite nie, want daar is net te veel!
- ’n Mens behoort fiks te word met alles wat daar te doen is.
- Jy hoef egter niks te dans nie – jy kan net langs die swembad lê!
- Jy kan mengeldrankies drink wanneer jy langs die swembad lê.
- Ná my matriekeksamen, verdien ek beslis só ’n vakansie!
Oefening 2
Skryf die volgende sinne oor in die toekomende tyd.
- Hy hou nie van die see nie.
- Hy hou baie meer daarvan om berg te klim.
- In die berge sien ’n mens die pragtige natuurskoon.
- Jy moet nogal fiks wees as jy ’n 5-dag staproete wil doen.
- Met my selfoon neem ek al die speldekussings en suikerbekkies af.
- Maak jou waterbottel by elke stroompie water weer vol.
- Niemand kan ’n sonsondergang in Namakwaland se berge weerstaan nie.
- Stappers moet altyd bedag wees op slange en skerpioene.
- Jy hoef nie die slange of skerpioene op te tel nie.
- Jy moet hulle net los en óm hulle stap.
Oefening 3
Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui.
- Dit is ’n absolute voorreg om vakansie te kan hou. Dit was …
- ’n Mens het dit egter baie nodig, veral ná ’n jaar se harde werk. ’n Mens sal …
- Sommige mense verkies ’n vakansie by die huis. Sommige mense het …
- Ander wil graag gaan visvang en nie naby ’n winkel kom nie. Ander wou …
- My broer was mal daaroor om die hele vakansie net te lê en fliek te kyk. My broer is …
- Laasjaar het my suster met haar rugsak deur Thailand getoer. Hierdie jaar …
- My droomvakansie hoef nie baie te kos nie. My droomvakansie sal …
- Ek pak net my tas in en sorg dat my paspoort gereed is. Ek het …
- Afrika-safari’s is een van die gewildste avonture om aan te pak. Afrika-safari’s sal …
- Jou paspoort moet geldig wees. Jou paspoort moes …
Antwoorde
Oefening 1
- Ek was mal daaroor om tennis te speel.
- Ek kon nie op die MS Queen Elizabeth regte tennis speel nie.
- Daar moes jy op ’n kleiner baan met spane speel.
- Hoe het die MS Queen met ander passasiersbote vergelyk?
- Dié passasiersboot het 2081 passasiers en 1005 bemanningslede gehuisves.
- Dit het van hom die grootste passasiersboot ter wêreld gemaak.
- Die boot was die regte plek om te trou en jou wittebrood te hou.
- Passasiers het heeldag op een van die 16 dekke gedans en geswem.
- Hulle het elke aand vertonings aangebied.
- ’n Mens kon nie tussen al die dansaktiwiteite nie kies, want daar was net te veel!
- ’n Mens behoort fiks te geword het met alles wat daar te doen was.
- Jy hoef egter niks te gedans het nie – jy kon net langs die swembad lê!
- Jy kon mengeldrankies drink toe jy langs die swembad gelê het.
- Ná my matriekeksamen, het ek beslis só ’n vakansie verdien!
Oefening 2
- Hy sal nie van die see hou nie.
- Hy sal baie meer daarvan hou om berg te klim.
- In die berge sal ’n mens die pragtige natuurskoon sien.
- Jy sal nogal fiks moet wees as jy ’n 5-dag staproete wil doen.
- Met my selfoon sal ek al die speldekussings en suikerbekkies afneem.
- Jy sal jou waterbottel by elke stroompie water weer moet volmaak.
- Niemand sal ’n sonsondergang in Namakwaland se berge kan weerstaan nie.
- Stappers sal altyd bedag moet wees op slange en skerpioene.
- Jy sal nie die slange of skerpioene op hoef te tel nie.
- Jy sal hulle net moet los en óm hulle stap.
Oefening 3
- Dit was ’n absolute voorreg om vakansie te kon hou.
- ’n Mens sal dit egter baie nodig hê, veral ná ’n jaar se harde werk.
- Sommige mense het ’n vakansie by die huis verkies.
- Ander wou graag gaan visvang en nie naby ’n winkel kom nie.
- My broer is mal daaroor om die hele vakansie net te lê en fliek te kyk.
- Hierdie jaar sal my suster met haar rugsak deur Thailand toer.
- My droomvakansie sal nie baie hoef te kos nie.
- Ek het net my tas ingepak en gesorg dat my paspoort gereed is.
- Afrika-safari’s sal een van die gewildste avonture wees om aan te pak.
- Jou paspoort moes geldig gewees het.