Afrikaans Plus – Verkleining – Diminutives
Oefening 1
Gee die verkleiningsvorm van die woorde tussen hakies:
- Ek wil graag vir jou ’n (vraag) vra: Wil jy nie gou die (vrag) sand met jou (kruiwa) wegry nie?
- Pak asb. die volgende in my (mandjie): (piesangs), (lemoene), (nartjies) en (pere).
- Die oulike ou (ding) het met sy (piering) op sy (skoot) gesit en eet.
- Alle (pa’s) en (ma’s) moet die vergadering bywoon, maar (oumas) en (oupas) is ook welkom.
- Ek het hierdie klein (skilpad) op die (pad) langs die klein (strand) langs die (baai) opgetel en in my (baadjie) toegedraai.
Antwoorde
Oefening 1
- vragie, vraggie, kruiwaentjie
- mandjietjie, piesankies, lemoentjies, nartjiekies, peertjies
- dingetjie, pierinkie, skootjie
- pa’tjies, ma’tjies, oumatjies, oupatjies
- skilpadjie, paadjie, strandjie, baaitjie, baadjietjie