Gratis plakkate: ‘n Goeie dag vir boomklim

Gratis plakkate: ‘n Goeie dag vir boomklim

’n Goeie dag vir boomklim is ’n humoristiese, deernisvolle verhaal oor Marnus, ’n gefrustreerde middelkind, wat een Desembervakansie saam met ’n vreemde meisie bo in ’n boom beland in ’n poging om te keer dat die plaaslike owerheid dit afsaag. Die boek is ’n gewilde voorgeskrewe boek vir grade 7 HT en 8 EAT. Daar is ook ‘n gratis studiegids beskikbaar.

ATKV-Sprekershandleiding

ATKV-Sprekershandleiding

Die temas vir die ATKV-Redenaarskompetisie 2019 is bekend en as jy ’n ouer is wat dalk weemoedig wil sug omdat die skryf van jou kind se toespraak soos ’n berg voor jou lê, is daar goeie nuus! Die ATKV-Sprekershandleiding is nou te koop. Dié handige gids met riglyne vir die skryf en lewering van ’n toespraak is jou en jou kind se paspoort tot ’n uitmuntende toespraak.

Die gids kos net R85.

Maak jou eie boekwurm boekmerk

by Klaskameraad
Maak jou eie boekwurm boekmerk

Jason se ma het vir hom ’n boek gekoop. Die boek lê op die eetkamertafel. Maar Jason gaan dit beslis nie lees nie. O nee, hy het baie beter dinge om te doen. Maar dan seil ’n astrante bont wurm egter onverwags uit die boek … en Jason word deel van ’n prettige storie-avontuur!

’n Lekker avontuurbelaaide leesboek vir beginners, met volkleur-illustrasies en ’n positiewe boodskap oor boeke wat selfs die traagste leser sal aanspoor om homself tussen die bladsye van ’n boek te begewe!

 

Bestel Jason en die boekwurm by LAPA Uitgewers.