Temas vir ATKV-Redenaars 2019

by Klaskameraad
Temas vir ATKV-Redenaars 2019

Die temas vir die ATKV-Redenaarskompetisie 2019 is pas bekend gemaak:

GRAAD 1 TOT GRAAD 3

  • maniere
  • droom
  • jok

GRAAD 4 TOT GRAAD 5
Huistaal en Addisionele Taal

  • spaar
  • kuns
  • frons

GRAAD 6 TOT GRAAD 7
Huistaal en Addisionele Taal

  • vrees
  • dink
  • dans

GRAAD 8 TOT GRAAD 9
Huistaal en Addisionele Taal

  • waarheid
  • beelde
  • deure

GRAAD 10 TOT GRAAD 12
Huistaal en Addisionele Taal

  • navigeer
  • toue
  • magnete

 

BAIE BELANGRIK

  • Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Dit is met ander woorde ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie.
  • Deelnemers sal gepenaliseer word indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake gelewer word.

Vir meer inligting kontak gerus vir Melanie Marais by melaniem@atkv.org.za of Jacqueline Göttert by jacquelineg@atkv.org.za.

Die redenaarsbrosjure sal binnekort op die ATKV se webwerf beskikbaar wees.