LAPA Uitgewers kondig met trots aan dat die Engelse vertaling van Jaco Jacobs se bekroonde jeugroman ’n Goeie dag vir boomklim pas benoem is vir die Carnegie-medalje, Brittanje se oudste en mees prestigeryke literêre prys vir kinderboeke.
Lees meerGratis plakkate: ‘n Goeie dag vir boomklim
’n Goeie dag vir boomklim is ’n humoristiese, deernisvolle verhaal oor Marnus, ’n gefrustreerde middelkind, wat een Desembervakansie saam met ’n vreemde meisie bo in ’n boom beland in ’n poging om te keer dat die plaaslike owerheid dit afsaag. Die boek is ’n gewilde voorgeskrewe boek vir grade 7 HT en 8 EAT. Daar is ook ‘n gratis studiegids beskikbaar.
Lees meer#SlypAfrikaans slypskool vir Afrikaansonderwysers in die Vrystaat
Gr. 7-12 onderwysers, kom slyp jou Afrikaans in die Vrystaat!
Ontvang SACE-punte vir bywoning.
Laai die program en inskrywingsvorm hier af:
Vrystaat uitnodigingsbrief


Kontak kathiev@lapa.co.za vir navrae.
Aanbevole klasleesboeke vir Afrikaans HT en EAT graad 7-11
Laai hier ‘n lys met aanbevole klasleesboeke af vir Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal graad 7-11
Lees meerKlasgids
Klasgids is al meer as 50 jaar lank die Afrikaansonderwyser se regterhand in die klaskamer. Die tydskrif verskyn kwartaalliks en bevat artikels oor taalonderrig asook leermateriaal vir Afrikaans Huistaal én Eerste Addisionele Taal.
Sedert 2014 verskyn daar elke kwartaal twee uitgawes van Klasgids: een vir die laerskool en een vir die hoërskool. Die inhoud van elke uitgawe word saamgestel uit bydraes van toponderwysers, vakadviseurs en vakspesialiste regoor die land.
Ouers teken ook graag in op Klasgids vir die oefenvraestelle, notas en taaloefeninge.
Lees meer