Dis weer dié tyd van die jaar wat jong redenaars pen en papier moet nadertrek en begin skryf aan hul toesprake vir die ATKV-Redenaarskompetisie 2020. Die temas is pas bekend gemaak en is soos volg:
Lees meer#weesdieverskil gedigtekompetisie
Skryf nou in vir die ATKV-tak Durbanville se Afrikaanse gedigtekompetisie vir laerskole. Vanjaar se tema is: #weesdieverskil. Sluitingsdatum is 9 September. Vir meer inligting en om in te skryf, kontak Ronel by 084 784 0105.
Lees meerLAPA pronk weer met talle ATKV-Woordveertjies
Die ATKV-Woordveertjies gaan oor die bekroning van uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord.
LAPA kondig met trots aan dat ons ses ATKV-Woordveertjies gewen het in die ATKV-Kinderboektoekennings 2019. Hierdie pryse word toegeken deur kinderlesers in die bepaalde portuurgroep en nie deur volwassenes nie.
By die kinderboeke word die illustrasies en die verhaal ook apart beoordeel. Daarom is ons opgewonde om die volgende wenners bekend te maak:
Lees meerATKV-Sprekershandleiding
Die temas vir die ATKV-Redenaarskompetisie 2019 is bekend en as jy ’n ouer is wat dalk weemoedig wil sug omdat die skryf van jou kind se toespraak soos ’n berg voor jou lê, is daar goeie nuus! Die ATKV-Sprekershandleiding is nou te koop. Dié handige gids met riglyne vir die skryf en lewering van ’n toespraak is jou en jou kind se paspoort tot ’n uitmuntende toespraak.
Die gids kos net R85.
Temas vir ATKV-Debatskompetisie 2019
Is jy ’n raakprater wat volgende jaar aan die ATKV-Debatskompetisie wil deelneem? Trek dan pen en papier nader, want hier is die temas vir 2019:
Lees meer