Temas vir ATKV-Redenaars 2020

Dis weer dié tyd van die jaar wat jong redenaars pen en papier moet nadertrek en begin skryf aan hul toesprake vir die ATKV-Redenaarskompetisie 2020. Die temas is pas bekend gemaak en is soos volg:
GRAAD 1 TOT GRAAD 3
- kaalvoet
- wonder
- fees
GRAAD 4 TOT GRAAD 5
Huistaal en Addisionele Taal
- letters
- voetspore
- voel
GRAAD 6 TOT GRAAD 7
Huistaal en Addisionele Taal
- toekoms
- liefhê
- afronding
GRAAD 8 TOT GRAAD 9
Huistaal en Addisionele Taal
- lees
- instinktief
- seine
GRAAD 10 TOT GRAAD 12
Huistaal en Addisionele Taal
- murg
- alternatief
- erodeer
BAIE BELANGRIK
- Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Dit is met ander woorde ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie.
- Deelnemers sal gepenaliseer word indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake gelewer word.
Vir meer inligting besoek die ATKV se webwerf.