
Beskikbaar November 2018 by www.lapa.co.za.

Beskikbaar November 2018 by www.lapa.co.za.
Kies die korrekte woord.
Ek moet/moed my huiswerk doen. Ek het al my moet/moed bymekaar geskraap om die meisie uit te vra.
Ek hou van tamatiesous, maer/maar nie van tamaties nie. Die hond is maer/maar, want hy eet te min.
Skryf die woorde eers in alfabetiese volgorde van A-Z, dan van Z-A.
Lees meerVoltooi deur gepaste voorsetsels in te vul.
Om ’n leerder _____ my skool (gee jou skool se naam) te wees, is nogal lekker. Dit is ’n skool waar daar min kinders _____ elke klas is, wat beteken dat jy al die kinders _____ jou klas kan ken.
Die skool begin _____ kwart voor 8 en daarna moet jy _____ jou Registerklas gaan. Jou registeronderwyser lees die afkondigings ____ seker te maak dat jy weet wat aangaan. Jou registeronderwyser is ook die persoon ______ wie jy kan praat as jy ’n probleem het. Hulle is soos jou ma en pa ____ die skool.
Pousetyd kan jy _____ enige plek in die skool ontspan. Eintlik mag jy nie ____ die skool se gange wees nie, maar baie kinders steur hulle nie hieraan nie. Jy is veronderstel om ____ die rugbyveld te wees, of jy kan ________ ’n boom _____ ’n bankie gaan sit. Jy moet net mooi kyk waar jy sit, want anders kan jy dalk ____ ongeluk gaan sit waar ’n voël gemis het en dan gaan jou ma _____ jou kwaad wees!
Pousetye gesels mens _____ alles. Jy praat _____ jou vriende, of jy skinder ______ mense van wie jy nie hou nie, of wat nou weer iets vreemds aangevang het. Dit is nie mooi ____ te skinder nie. Om lelik ____ ander mense te praat, is verkeerd.
As jy nie lus is _____ te gesels nie, kan jy iets _____ die snoepie gaan koop. Daar is ’n groot verskeidenheid van lekker dinge _____ te eet.
Die gunsteling tyd vir enige leerder, is wanneer die skoolklok ____ die einde _____ die dag lui. Dit is dan wanneer hulle skielik vreeslik vriendelik ____ hul juffrouens raak en nie kan wag om ____ die klas uit te loop nie. Ongelukkig moet elkeen eers aandag gee ______ die afkondigings wat gelees word, ______ hulle kan huistoe gaan.
Die skool kom kwart ______ twee uit en as jy op die parkeerterrein kom, moet jy maar _____ jou tande byt. Ouers sit _____ die motors en wag _____ hulle kinders om ____ te klim. Sodra die kinders ____ die skool kom, is dit gewoonlik chaos, omdat die verkeer so erg is.
By die huis is dit dadelik tyd _____ huiswerk, eet en slaap, want môre is ’n nuwe dag, ____ nuwe uitdagings wat wag!
Oefening 1
by/in/in/om/na/om/met/by/op/in/op/onder/op/per/vir/oor/met/oor/om/oor/om/by/om/aan/van/met/ om/aan/voor/oor/op/in/vir/in/uit/vir/met
